Appel se nuwe enkelsnit waai soos ’n vars briesie

Soos die lente met ’n vars briesie inkom, bring Appel sy nuutste enkelsnit, Klomp Keer Lekker, ’n vars klankervaring vir oud en jonk. Hierdie vrolike liedjie, geskryf om jou dag en veral jou naweek stukke beter te maak, weerspieël Appel se kenmerkende styl en treffende lirieke.


Appel deel dat die liedjie die storie vertel van ’n pragtige jong paartjie wat hul eie pad stap, ongeag wat die wêreld van hulle mag dink. “Hulle is vir mekaar genoeg, ken mekaar deur en deur, en dit is al wat saak maak,” sê Appel oor dié snit, wat diep in die siel van jong liefde delf.


Volgens Appel is daar geen spesifieke storie wat die inspirasie vir
Klomp Keer Lekker was nie, maar eerder die herinnering aan die tye toe ons almal jonk en verlief was. “Dit beteken vir my dat ek die voorreg het om weer nuwe musiek uit te bring, te leef, kreatief te wees, en dit is vir my genoeg,” voeg hy by.


Appel hoop dat, as dit die Here se wil is, die liedjie met ope arms deur luisteraars ontvang sal word. “Solank my musiek mense gelukkig maak, laat lag, laat verlang, en net vir ’n uur of twee hulle menswees laat waardeer, dan het ek geslaag,” sê Appel oor die impak wat hy met sy musiek wil hê.


Die musiekvideo, wat by Stoetbul in Pretoria en Shokrun verfilm is deur Conrad Theron van Atlas Media, is ook nou op YouTube beskikbaar. Hoewel daar heelwat bekende gesigte in die video is, wil Appel nie te veel verklap nie. “Kyk maar self,” het hy gesê.


Met
Klomp Keer Lekker laat Appel luisteraars saam met die lente lag en liefde vier, ’n lied wat beslis elke speellys sal ophelder.




  • Klomp Keer Lekker is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 18 Augustus 2025
ONS verf die dansvloer blou met nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 11 Augustus 2025
Lukas 10:2 inspireer Appel se nuwe enkelsnit vanaf die kortspeler ‘Genisis’
Deur Coleske Artists 31 Julie 2025
Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit
MEER ARTIKELS