Dodo Nyoka dra sy nuwe enkelsnit ‘Jannaman’ op aan sy pa

Dodo Nyoka het pas sy splinternuwe liedjie, “Jannaman”, bekendgestel – ’n diep persoonlike en betekenisvolle lied wat hy opdra aan sy pa. Hierdie unieke country-reggae snit is ’n huldeblyk aan sy pa, Jannaman, wie se deursettingsvermoë en onbreekbare gees hom sy hele lewe lank inspireer.


“Die liedjie gaan oor my pa Jannaman wat nooit opgee,” vertel Dodo oor die spesiale liedjie wat hy self geskryf het. Die produksie is behartig deur Jacques Marcel van Vuuren, wat reeds sy stempel afgedruk het met treffers soos “Country Girl van Bloem” en “Ek Verstaan”.


“My pa is die inspirasie agter die liedjie,” sê Dodo. “Ek het hierdie liedjie gekies want ek wou iets vir my pa gee wat vir ewig sal hou.” Sy opregte woorde en die sielvolle klanke van “Jannaman” beloof om nie net sy pa te raak nie, maar ook elke luisteraar wat ’n diep band met hulle geliefdes koester.


Met hierdie liedjie wil Dodo sy aanhangers nader aan hom bring. “Mense moet voel asof hulle my al ontmoet het deur my musiek,” verduidelik hy. Hy hoop dat sy gehoor die liedjie net so sal geniet soos hy dit geniet het om dit te skryf en op te neem. “Ek voel dis die beste liedjie wat ek tot dusver al geskryf het.”


Die musiekvideo, wat deur Kyle White verfilm is by die pragtige Ukutula Lodge, beloof om net so treffend soos die lied self te wees. Alhoewel Dodo nie te veel wil verklap nie, laat hy wel bietjie spanning opbou deur te noem dat daar tonele saam met leeus is – ’n unieke element wat die visuele vertelling van “Jannaman” nog meer spesiaal maak.



“Jannaman” is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Luister daarna en ervaar die hartklop van ’n seun se liefde en bewondering vir sy pa.



  • Jannaman is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 18 Augustus 2025
ONS verf die dansvloer blou met nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 11 Augustus 2025
Lukas 10:2 inspireer Appel se nuwe enkelsnit vanaf die kortspeler ‘Genisis’
Deur Coleske Artists 31 Julie 2025
Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit
MEER ARTIKELS