JACOBUS

Sanger

BESPREEK JACOBUS

Die 20-jarige JACOBUS is gebore en getoë in die wynstreek Robertson in die Wes-Kaap, waar hy steeds woon. Hy is tans besig met sy studies in wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, maar dit is musiek wat werklik in sy are loop. Reeds op die ouderdom van 16 het hy begin om oorspronklike musiek te skryf en self te vervaardig.


Met ’n musikale familie-agtergrond en ’n ma wat self musiek studeer het, is dit geen verrassing dat JACOBUS se talent vinnig begin uitstaan het nie. Sy unieke growwe stem het veral aandag getrek toe hy ’n vars weergawe van Demi Lee Moore se gewilde liedjie “Mis Eet Slaap Herhaal” gedeel het op TikTok — ’n video wat reeds meer as 80 000 oë bereik het. Hierdie vertolking het die aandag van Coleske Artists getrek en JACOBUS op die radar van die Afrikaanse musiekbedryf geplaas.


Sy debuutenkelsnit, “Gat in jou sak,” is op 16 Mei uitgereik en bied ’n eerste kykie na die talent en gevoel wat JACOBUS in sy musiek bring.


BESPREEK JACOBUS