Riaan Benadé

Riaan Benadé

Sanger

BESPREEK RIAAN BENADÉ

“Ek wil onthou word vir die musiek wat ek geskryf het en ek hoop dat hierdie liedjies elke dag mense inspireer om te droom en te lewe.” En dit is juis wat Riaan Benadé reggekry het. 


Benadé se debuutalbum het in Augustus, 2020 die lig gesien en Spontaan, die titelsnit, is steeds die mees gestroomde Afrikaanse liedjie op Spotify. There Was Jesus, Riaan se weghol duet met Demi Lee Moore, is kort daarna vrygestel. Hierdie liedjie het tot op hede meer as 10 miljoen kyke op YouTube geniet. 


Sommiges sal egter verbaas wees om te sien watter ander liedjies deel is van dié Nylstroom Country-sanger se oeuvre. Ondermeer Bok van Blerk se Land en Strand (die titelsnit van Bok se gelyknamige VIA-televisieprogram) en Ruhan du Toit se Monumentaal wat hy saam met Gerhard Steyn geskryf het. 


In 2022 wen Benadé die AITSA-toekenning vir die suksesvolste Afrikaanse snit deur ’n manlike kunstenaar vir Rowwe Bliksem, sy liedjie saam met Jay wat hulle twee ook saam met Marno van der Merwe geskryf het. 


In 2023 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat deur Spotify self, genader is om ’n eksklusiewe Spotify-enkelsnit vry te stel. Benadé en die Nashville country-ster Ian Munsick, se weergawe van Springsteen se I’m On Fire is einde 2023 vrygestel. 


Nou na vier jaar se wag, kan aanhangers uitsien na ’n splinternuwe Riaan Benadé-album wat beloof om niks minder, as jou hoogste verwagtinge te oortref nie.


  • 2020 There Was Jesus duet met Demi Lee Moore
  • Om saam met Marno Van Der Merwe op Ons Sal Self medeskrywer te kon wees, ‘n lied wat vermoedelik een van die grootste groepopnames in Afrikaansemusiek-geskiedenis is
  • 2022 Afrikaans is Groot-optrede “Spontaan”
  • 2022 Kirkwood Wildsfees: 40k+ mense
  • 2023 Kip Moore Opening by Loftus
  • 2023 Innibos
  • Spotify Ekslusiewe enkelsnit: I’m on Fire saam met Ian Munsick 
  • Om my gesig op ‘n Billboard in Nashville Tennessee te sien

BESPREEK RIAAN BENADÉ
Share by: