Vanes-Mari du Toit nou ook deel van die CAM-familie

Die sportster en aanbieder Vanes-Mari du Toit sluit nou ook aan by die Coleske Artist Management-familie. Vanes-Mari is ’n kranige netbalspeler wat tussen 2010 en 2018 vir die Spar Proteas en tussen 2011 en 2015 vir SA Fast5 Netball uitgedraf het. Sy het haar graad in Menslikehulpbronne aan die Universiteit van Pretoria en haar honours graad in Industriele fisiologie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Vanes-Mari het egter bekendheid verwerf vir haar deelname aan Dancing with the Stars wat in 2018 op M-Net uitgesaai is. 


Sy is ook ’n kommentator vir SuperSport en ’n Netbal-analis sedert 2014 en het die Netbal-wêreldbeker op SuperSport, Sky en BBC aangebied. Verder het sy ook verskeie televisieprogramme op kykNET en VIA soos; Kwêla, Hoor My, Sien My, Soen My, Die Groot Afskud, In Japan, Ja en In Frans, Ja aangebied. Laasgenoemde program het haar die geleentheid gebied om vir die tweede keer die Springbokke te ondersteun tydens die wêreldbeker rugby-toernooi. 


Vanes-Mari is ook ’n gereelde gesig op verskeie verhoë landwyd en het as seremoniemeester by Afrikaans Gaan Global, Afrikaans is Groot, BOXOP, Walkerbay Outdoor, SA Sportgeleenthede en nog vele meer opgetree. Wanneer Vanes-Mari nie voor die kameras of ’n mikrofoon is nie, is sy ’n netbal afrigter met verskeie klinieke. Sy het ook haar eie besigheid FitPocket, waar sy sport-spesifieke onderklere en oefenklere vir vroue verkoop. 


Vanes-Mari was onlangs ook deel van die Madswimmers-span wat na die Himalajas gereis het om ’n nuwe wêreldrekord op te stel. Hulle het dit reggekry om 6405m bo seevlak te swem en so die wêreldrekord opgestel!


Vanes-Mari kan nou bespreek word by Coleske Artist Management as motivering-spreker, sermoniemeester of aanbieder vir jou volgende geleentheid.


Bespreek Vanes-Mari du Toit
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 31 Julie 2025
Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 20 Junie 2025
Chris Steyn en Bella se liedjie ‘Winter in die Kaap’ roer harte
Deur Coleske Artists 05 Junie 2025
Jay du Plessis maak winter warmer met nuwe liedjie ‘Dans Die Vlamme Dood’
MEER ARTIKELS