Riana Nel keer terug met nuwe album ‘Sing’

Dis vyf jaar sedert Riana Nel laas ’n album uitgereik het, maar die wag is verby. Die bekroonde sangeres en liedjieskrywer stel nou haar nuutste album, “Sing”, bekend – ’n projek wat diep uit haar hart spruit en luisteraars opnuut gaan inspireer.


Die album bestaan uit sewe snitte – “Kies”, “Laat U Wil”, “Ek Wonder”, “Wat Nou?”, “Die Seën” – asook twee splinternuwe liedjies, “Sing” en “Vir Jou”.


“‘Sing’ is wat ek doen as my gedagtes begin dwaal. Want niks werk so goed soos sing om die stemme stil te maak nie. In die geval sing ek oor dinge wat vir my saakmaak. En soos Elvis gesê het: as dit gevaarlik is om te praat, sing,” vertel Riana.


Met hierdie album het sy haar benadering verander: “Hierdie keer voel ek minder bang. Ek maak nie meer musiek om die gehoor tevrede te stel nie. Ek maak kuns met ’n boodskap. Daar is ’n generasie wat rigting soek – en ek ken die pad,” sê sy.


Een van die mees persoonlike snitte, “Vir Jou”, het ontstaan uit haar eie vrae as ma: “Doen ek genoeg? Kan ek my kinders beskerm? Uiteindelik moes ek besef net God kan help. Hierdie liedjie is my oorgawe aan Hom – vir my kinders en vir wat ek glo,” verduidelik sy.


Die titelsnit “Sing” se musiekvideo is verfilm deur New Ending Media en beeld ’n kreatiewe konsep waar Riana teenoor haarself sing – ’n visuele voorstelling van die innerlike stryd oor selfbeeld en identiteit uit.

Die album sluit ook “Die Seën”, Riana se duet met die gospelsanger Retief Burger  – ’n Afrikaanse weergawe van die internasionale treffer “The Blessing” deur Kari Jobe en Cody Carnes, wat reeds in 2022 groot impak gemaak het in.


Die ander liedjies – “Wat Nou?”, “Ek Wonder”, “Kies” en “Laat U Wil” – is in die afgelope twee jaar as enkelsnitte uitgereik. Laasgenoemde is veral besonders: “‘Laat U Wil’ het begin as ’n eenvoudige gebed saam met my kinders. Ek het dit nie geskryf met ’n mark in gedagte nie, maar in my kamer – net ek en God. Ek wou Hom eenvoudig vertrou,” sê Riana.


Met “Kies” bring sy weer ’n sterk boodskap: “Ek voel dinge gaan vinnig agteruit in die wêreld. Die vraag is – het jy al gekies?”


Riana som haar nuwe album só op: “Geloofwaardig. Dit is my oorloë wat ek geveg het en my stryd deurgevoer sodat ander hopelik iets kan wegvat, leer en verander in hulself.”



Met “Sing” bevestig Riana Nel nie net haar plek as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars nie, maar wys sy ook hoe diep haar kreatiwiteit en geloof verweef is.



  • Sing is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 03 Oktober 2025
Talentvolle JACOBUS keer terug met nuwe enkelsnit
Deur Analda Breedt 11 September 2025
EDEN kom klop ná byna 10 jaar wéér!
Deur Analda Breedt 11 September 2025
Appel se vyfsnit kortspeler is hier
MEER ARTIKELS