Talentvolle JACOBUS keer terug met nuwe enkelsnit

Vroeër vanjaar het die talentvolle JACOBUS sy musiekdebuut gemaak met die treffende liedjie “Gat In Jou Sak”. Nou keer hy terug met sy tweede enkelsnit, “Wag Dat Jy Terugkeer” – ’n alternatiewe, storievertellende liedjie wat luisteraars diep in hul emosies gaan laat delf.


Dié liedjie is deur JACOBUS self geskryf en het ontstaan uit ’n baie persoonlike ervaring. “Daar was ’n tyd in my lewe waar ek en iemand se paaie geskei het. In die dae daarna was daar ’n gevoel van afwagting dat die persoon weer sou terugkom. Ek het hierdie liedjie geskryf om presies daardie gevoel vas te vang,” verduidelik hy.


Met ’n drywende akoestiese klank en uitstekende produksie, bring “Wag Dat Jy Terugkeer” die atmosfeer perfek bymekaar. Die lirieke verken die universele gevoel van verlies en verlange, maar ook die hoop dat iemand weer deel van jou lewe kan wees.


“As storieverteller is dit vir my baie opwindend om hierdie liedjie aan die wêreld bekend te stel,” sê JACOBUS. “Ek glo mense gaan hulle eie situasies daarin herken en hopelik ’n sterk emosionele konneksie maak. Dit is die tipe musiek wat ek wil skep – musiek wat mense kan laat voel, onthou en dalk selfs genees.”


Hoewel daar ongelukkig nie ’n musiekvideo beplan word nie, het JACOBUS en ’n stylvolle liriekvideo saam met Margot Rothman geskep om die liedjie visueel te ondersteun.


Met sy eerlike lirieke, unieke storievertelling en aansteeklike klank, bevestig “Wag Dat Jy Terugkeer” dat JACOBUS ’n kunstenaar is om dop te hou.




  • Wag Dat Jy Terugkeer is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 15 Junie 2026
ONS keer terug na hul wortels met geel-getinte nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 09 Junie 2026
Nuwe klank, nuwe energie: Demi Lee Moore verras met ‘Daai Gevoel’
Deur Coleske Artists 22 Mei 2026
Dodo Nyoka vier tydlose liefde met nuwe country-enkelsnit
MEER ARTIKELS