Chris Steyn maak skoonskip met ‘Plaas Dorp Toe’

Chris Steyn se jongste enkelsnit, Plaas Dorp Toe, het ’n geweldige impak op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak sedert dit onlangs op digitale platforms vrygestel is. 


Met ’n gunsteling onder luisteraars regoor die land, het die liedjie vinnig die nommer 1 posisie op Apple Music se Afrikaanse ranglys verower (waar dit steeds boer) en sy musiekvideo het ook ’n sterk vertoning op YouTube se Trending lys met ’n piek op nommer 4 bereik. Die musiekvideo is tans nommer 9. 


LEES OOK:
Chris Steyn, oftewel Plakkies, nooi die ‘Plaas Dorp Toe’ 


Die aansteklike liedjie is ’n gesamentlike poging van Chris Steyn self, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer, wat saamgewerk het om ’n liedjie te skep wat nie net ’n “upbeat” en aanloklike gevoel het nie, maar ook ’n groot aanklank by luisteraars vind.


deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 22 Mei 2026
Dodo Nyoka vier tydlose liefde met nuwe country-enkelsnit
Deur Coleske Artists 05 Mei 2026
Karlien van Jaarsveld is terug met nuwe enkelsnit ‘As Jy My Roep’
Deur Analda Breedt 13 April 2026
Chris Steyn se nuwe liedjie is vir langafstandliefde
MEER ARTIKELS