Chris Steyn se nuwe LIEDJIE IS vir die met twee linkervoete

Chris Steyn, oftewel Plakkies soos sy gehoor hom ken, het pas sy splinternuwe enkelsnit “Ek Kannie” op alle digitale stroomdienste vrygestel.


Hierdie vrolike kuierliedjie, geskryf deur Chris self saam met Georic Lomas, Marco van Deventer en Bella, is ’n tong-in-die-kies huldeblyk aan “die Afrikaanse man wat gebore is met twee linkervoete.”


“Dié liedjie gaan oor ’n Afrikaner wat alles kan doen – van trekker ry tot werk aanpak – maar wanneer dit by dans kom, is hy heeltemal verlore,” vertel Chris laggend. “Ek hoop die publiek gaan dit geniet, lekker sokkie en kuier, en dat dié van ons wat weet ons kan nie dans nie ’n lekker lag sal kry uit die lirieke. Wie weet – dalk kry dit selfs party van hulle op die dansvloer!”


Die musiekvideo van “Ek Kannie” is onlangs by Hanger47 in Centurion verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, wat ook agter Chris se “Helemal” musiekvideo gestaan het. “Die video is baie eenvoudig – net ek en my band wat agter op Cruisers staan en die liedjie lekker jam,” verduidelik Chris.


Met “Ek Kannie” bevestig Chris sy plek as een van Afrikaans se mees vermaaklike en egte kunstenaars. Hy sê sy droom vir die toekoms is eenvoudig: “Ek wil die volgende vyf jaar net die beste moontlike musiek vir my luisteraars uitbring. Dis vir my ’n ongelooflike voorreg om my passie vir musiek en reis elke dag te kan uitleef.”




  • Ek Kannie is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 16 Julie 2026
JACOBUS skryf liedjie vir die meisie wat sy hart vinniger laat klop!
Deur Coleske Artists 29 Junie 2026
Bella maak haar solo-Afrikaanse debuut met emosionele enkelsnit
Deur Coleske Artists 26 Junie 2026
Wat is in Appel se ‘Genadewater’?
MEER ARTIKELS