ONS verf die dansvloer blou met nuwe enkelsnit

Die dinamiese musiekduo ONS, wat bestaan uit Marco van Deventer en Ruvé Erasmus, is terug met ’n nuwe enkelsnit wat jou sommer dadelik na die dansvloer sal lok. “Naam” is ’n sprankelende pop-treffer wat die gevoel van liefde op die eerste oogopslag vasvang – daardie oomblik wanneer jy iemand sien, halsoor­kop verlief raak en weet: dit is jou persoon.


Marco, wat grootendeels die liedjie geskryf het, verduidelik: “Dis wanneer jy iemand sien en jy sommer dadelik weet jy wil die res van jou lewe saam met hulle spandeer. Die enigste ding wat jy nog kort, is hul naam.”


Volgens Ruvé bly “Naam” getrou aan ONS se gewilde resep: “Ek is seker as jy van ‘Lag’ gehou het, gaan jy beslis van ‘Naam’ hou,” sê sy.

Met ’n vars popklank en ’n aansteeklike tempo, glo Marco dat dié liedjie iets nuuts bied aan die Suid-Afrikaanse musiektoneel: “Ons het met ’n unieke klank geëksperimenteer wat nog nie hier gedoen is nie.”


As hulle die liedjie in drie woorde moet beskryf, antwoord hulle sonder huiwering: “Verliefdheid, adrenalien en misterie.”


Die musiekvideo vir “Naam” is by Railways Café in Centurion verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, met verskeie vriende van die duo wat daarin verskyn. Die kreatiewe konsep het begin toe Marco ’n blou elektriese kitaar raakgesien het – ’n visuele inspirasie wat toe die kleurtema vir die hele projek geword het.


“Ek het selfs ’n micstand blou gespuitverf om in te pas,” vertel Ruvé.


Marco voeg met ’n glimlag by: “Ons wou hê mense moet dit onthou as ‘die blou liedjie’, selfs al onthou hulle nie die liedjie se naam nie – verskoon die pun.”



Met “Naam” beplan ONS om landswyd te toer. Hulle sal ook hul heel eerste optrede op die Krone-verhoog hê, en in Desember weer die GrootFees in Hartenbos aan die brand sing.



  • Naam is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Coleske Artists 11 Augustus 2025
Lukas 10:2 inspireer Appel se nuwe enkelsnit vanaf die kortspeler ‘Genisis’
Deur Coleske Artists 31 Julie 2025
Riana Nel gee beheer oor met diep roerende nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 20 Junie 2025
Chris Steyn en Bella se liedjie ‘Winter in die Kaap’ roer harte
MEER ARTIKELS