This is a subtitle for your new post

Ná hulle terugkeer na die verhoog in September by die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert en die uitreiking van hul nuwe enkelsnit “Kom Klop Weer”, het hulle Pretoria verras by Afrikaans is Groot. Nou is Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Sean Else terug met nóg ’n vars oorwurm wat beslis die klankbaan van jou Desember gaan wees: “Gee My.”


“Ons musiek gaan nog altyd oor liefde en ’n goeie tyd. So die besluit om ’n dansliedjie te skryf wat die twee kombineer was nie ’n moeilike een nie,” verduidelik Paulo oor die nuwe liedjie, wat geskryf is deur Marco van Deventer en Georic Lomas.


Volgens Sean vang “Gee My” perfek vas waarvan aanhangers EDEN die meeste liefhet – kuier, dans en saam sing – maar met ’n moderne, energieke klank wat ideaal is vir die somer.


Jay stem saam: “Dis altyd baie pret om aan ’n EDEN-song te werk. Omdat ons drie vriende is wat al ’n lang pad saam stap, is elke enkelsnit fun en kan ons die kreatiwiteit lekker laat vloei.”


Hoewel “Gee My” ’n liefdesliedjie is, sê die groep dit is gemaklik en lig – ’n liedjie wat almal ’n goeie tyd laat hê, ongeag of jy verlief, verloof of enkellopend is.


Paulo voeg by: “Die afgelope paar maande was dit só lekker om weer terug te wees op die verhoog en nuwe musiek te maak. En om iets nuuts vir ons gehoor te bring – dit doen ons nou omdat ons wíl, nie omdat ons móét nie.”



Vir EDEN voel hierdie fase soos ’n nuwe begin. Aanhangers kan in 2026 uitsien na ’n handjievol eksklusiewe optredes – en dalk selfs nóg nuwe musiek.



  • Gee My is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music.


LUISTER HIER
deel hierdie artikel
Deur Analda Breedt 13 April 2026
Chris Steyn se nuwe liedjie is vir langafstandliefde
Deur Coleske Artists 13 April 2026
Ruhan du Toit vier die mooi van genoeg met nuwe enkelsnit
Deur Coleske Artists 19 Maart 2026
ONS vra die belangrike vrae met nuwe enkelsnit
MEER ARTIKELS